
=====================================================================
Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Talle faktore gryp in universiteitstaal in

Flip Smit bevind verandering in die bevolkingsamestelling van universiteitstudente benvloed die aantal geskoolde werkkragte en Afrikaans 
as onderrig- en wetenskaptaal.
'IF demography is destiny, population movements are the motor of history'  Samuel P Huntington.
The Clash of Civilizations and the Remaking of World Order deur Samuel P. Huntington; Simon & Schuster, 1996. Bladsy: 198.


Die toekoms van die wreld sal deur bevolkingstendensies en nie deur ekonomiese of tegnologiese ontwikkeling bepaal word nie. Dit is die 
oorwo mening van die wreldbekende bestuurskundige prof. Peter Drucker.

Drucker argumenteer dat onderbevolking in ontwikkelde lande (Europa, die VSA en Japan), en nie die tradisionele gevare van oorbevolking nie 
die grootste bedreiging vir ontwikkeling inhou. Die lae geboortekoerse (onder vervangingsvlakke) van veral Westerlinge veroorsaak dat daar 
nie genoeg geskoolde jong mense in ontwikkelde lande gelewer word om die ho tegnologie verder te dryf en vir die welsyndienste van die 
groeiende aantal ouer mense te betaal nie.

In baie opsigte is Drucker se siening ook op Suid-Afrika van toepassing. Die wit bevolking is op onderwysgebied dekades lank bevoordeel. 
Hierdie bevolkingsgroep het dan ook baie jare die voorsiening van hovlak-werkkrag en navorsinguitsette oorheers. Swartes het min toegang 
tot wetenskaplike kennis gehad.

Die wit minderheid (10,9% van die totale bevolking, ongeveer 8% van die totale getal kinders op skool en net meer as 30% van die totale 
getal universiteitstudente) lewer tans nog die grootste bydrae tot die getal studente wat aan universiteite afstudeer. Volgens 'n onlangse 
analise van Cloete en Bunting het wit studente 68% van alle gegradueerdes in die tydperk 1991 tot 1998 uitgemaak. Die aandeel van wit 
gegradueerdes in veral die welvaartskeppende beroepe was in hierdie tydperk soos volg: natuurwetenskappe meer as 85%; ingenieurswese en 
geneeskunde meer as 90%; rekenmeesters meer as 95%; regsgeleerdheid meer as 85%. Selfs in die sosiale wetenskappe het wit gegradueerdes in 
bogenoemde tydperk nog 80% van alle graduandi verteenwoordig.

Die lae bevolkingsgroei (onder vervangingsvlak) by die wit bevolking en 'n verskeidenheid sosio-ekonomiese en politieke faktore veroorsaak 
'n skerp daling van wit studente aan universiteite. Die swart bevolking (Afrikane, kleurlinge en Asirs) sal nie oornag die agterstande en 
benadeling van die verlede uitwis nie.

Tans gradueer jaarliks ongeveer 10% van alle Afrikane wat aan universiteite studeer, teenoor ongeveer 25% van die wit studente. Die daling 
in wit studentegetalle sal derhalwe 'n leemte in hovlak-werkkragvoorsiening veroorsaak wat eers na verloop van tyd deur ander 
bevolkingsgroepe gevul sal word. Dit verklaar waarskynlik gedeeltelik waarom Suid-Afrika volgens die jongste World Competitiveness Report 
oor 47 lande wel van die 42ste tot die 38ste posisie verbeter het, maar ten opsigte van wetenskap en tegnologie van die 39ste tot die 44ste 
plek verswak het.

Di situasie het verreikende implikasies vir welvaartskepping in die algemeen en vir Afrikaans as onderrig- en wetenskaptaal in die 
besonder.
---------------------------------------------------------------------

Figuur 1 Aantal Afrikaanse studente aan vyf Suid-Afrikaanse universiteite 1988 tot 1998.
Figuur 2 Persentasie en getal Afrikaans en Afrikaans/Engels huistaal-sprekende studente t.o.v. al die universiteite - 1999 (voorlopig).
---------------------------------------------------------------------

Veranderende landskap

Die samestelling van ons universiteitsbevolking het waarskynlik in die afgelope drie dekades vinniger as in enige ander land verander. Di 
veranderinge kan soos volg saamgevat word:

*  Teen 1960 het wit studente 90% van die totale aantal universiteitstudente verteenwoordig. Tans is die syfer ongeveer 30%.
*  Die wit studente het sedert 1990 met ongeveer 55 000 afgeneem.
*  Terwyl die aantal swart studente by histories swart universiteite in die periode 1993 tot 1999 vinnig gedaal het, het daar 'n vinnige 
toename van 56 000 Afrikane (meer as viervoudig) by histories Afrikaanstalige universiteite plaasgevind. By histories wit Engelstalige 
universiteite was die toename relatief stadig.
*  Figuur 1 toon dat vier tradisioneel Afrikaanstalige universiteite (UP, PU vir CHO, RAU en UVS) 'n afname van Afrikaanstalige studente 
ondervind. Die US kon sy posisie handhaaf; waarskynlik is 'n toename in die aantal Afrikaanstalige bruin studente grotendeels hiervoor 
verantwoordelik.
*  Die absolute afname van wit studente en absolute toename van swart studente het veroorsaak dat die relatiewe aandeel van Afrikaanstalige 
studente van 88% in 1988 tot 52% in 1998 afgeneem het. Die grootste verandering het by die RAU plaasgevind, waar die aandeel van 
Afrikaanstalige studente van 87% in 1988 tot 31% in 1998 gedaal het. Afstandonderrig het 'n groot rol hierin gespeel. By die ander vier 
universiteite het Afrikaanstaliges se relatiewe aandeel soos volg afgeneem: UVS van 94,6% tot 52,9%; UP van 88,5% tot 59,1%; PU vir CHO van 
91,4% tot 51,4%; en US van 80,6% tot 66,8%.
*  Figuur 2 dui die persentasie van die aantal Afrikaans- en Afrikaans-/Engelshuistaalsprekende studente ten opsigte van al 21 
universiteite aan. Daar is 69 460 studente in di die kategorie, wat ongeveer 19% van die totale getal studente aan universiteite 
verteenwoordig.

Dit onderstreep die feit dat die stigting van een Afrikaansmedium-universiteit 'n noemenswaardige aantal studente by 'n hele aantal 
universiteite sal raak. Aan die ander kant toon Figuur 1 dat indien die afname voortduur, sal daar binne 'n dekade geen Afrikaanssprekende 
universiteit oor wees nie, om nie eens van 'n Afrikaanstalige universiteit te praat nie.
---------------------------------------------------------------------

Redes vir afname?

Empiriese gegewens ontbreek om die tendensies te verklaar. Die volgende faktore is waarskynlik grotendeels vir die afname verantwoordelik:

*  Die getal geboortes by die wit bevolking het in die tagtigerjare vinnig gedaal. Die gevolge hiervan word nou, 19 tot 20 jaar later, 
gevoel. Waarskynlik het die tendensie ook 'n invloed op die daling van die aantal kandidate wat universiteitsvrystelling verwerf. Di 
kandidate het van 89 000 in 1994 tot 63 700 in 1999 afgeneem. Die aantal kandidate wat wiskunde op hor graad slaag (20 000 per jaar) toon 
ook 'n dalende neiging. Dieselfde geld vir natuur- en skeikunde (24 000 per jaar). Die poel van studente wat potensieel suksesvol in die 
ingenieurswese, natuurwetenskappe ens. kan studeer, is ontstellend klein en krimpend. Watter gedeelte van di afname moet aan krimpende wit 
getalle toegeskryf word? Dit is verblydend dat die aantal kandidate wat jaarliks Afrikaans op die hor graad slaag op ongeveer 47 000 
stabiliseer.
*  Die invloed van wit emigrasie word waarskynlik onderskat. Tussen 1989 en 1997 het 223 609 Suid-Afrikaners na vyf lande (die VK, die VSA, 
Australi, Kanada en Nieu-Seeland) gemigreer. Die meeste emigrante is in die ouderdomsgroep 25 tot 45 jaar, met kinders wat potensieel aan 
Suid-Afrikaanse universiteite sou kon studeer.
*  Daar is 'n neiging by wit Suid-Afrikaners om n voltooiing van die senior sertifikaat 'n jaar of meer in die buiteland te gaan werk. 
Heelparty van hulle studeer daarna aan private onderwysinrigtings of neem kursusse wat deur buitelandse universiteite in Suid-Afrika 
aangebied word. Talle studente verlaat die land binne 'n jaar of twee n graduering.
*  Talle wit presteerders wat onderskeidings op skool behaal, vind dit moeilik om beurse vir universiteitstudie te verwerf. Buitelandse 
universiteite probeer di studente werf. Ons beweeg toenemend na grenslose hor onderwys. Waarskynlik studeer al 'n aansienlike aantal jong 
mense, en veral nagraadse studente, reeds via die internet aan buitelandse instellings of volg kursusse wat buitelandse universiteite in 
Suid-Afrika aanbied. Die behoefte is groot om 'n kwalifikasie te verwerf wat internasionaal erken word. Daar is by 'n toenemende aantal 
studente 'n vrees, wat nie ongegrond is nie, dat akademiese standaarde aan Suid-Afrikaanse universiteite sal daal en dat kwalifikasies nie 
internasionale erkenning sal geniet nie.

---------------------------------------------------------------------

Verreikende implikasies

Die belangrikste implikasies van die voorafgaande baie komplekse prosesse kan soos volg saamgevat word:

*  In 'n kennisgedrewe kompeterende wreld is die opleiding van hovlak-werkkrag en die skepping van nuwe kennis deur navorsing die 
lewensbloed vir die voortbestaan van 'n land. Die leemte in die beskikbaarheid van geskoolde werkkrag wat deur die daling in die aantal wit 
studente en die relatief stadige graduering van swart studente veroorsaak word, het verreikende implikasies vir volgehoue ekonomiese 
ontwikkeling. En sonder volgehoue ekonomiese ontwikkeling en werkskepping sal die tenger demokrasie moeilik tot wasdom kom. Indien 
Afrikaanstalige studente verplig word om in Engels te studeer, kan verwag word dat die sukseskoerse aan die tradisioneel Afrikaanstalige 
universiteite sal daal, d.w.s. universiteite wat betekenisvolle bydraes in beroepe soos ingenieurswese en geneeskunde lewer. Dit sal 'n 
verdere gevoelige slag vir die beskikbaarheid van hovlak-werkkrag wees.
*  Die totale navorsingsuitsette by universiteite toon 'n dalende neiging. Die feit dat dosente by sommige tradisioneel Afrikaansmedium-
universiteite in Afrikaans en Engels moet onderrig, 'n groter aantal studente moet onderrig wat swak vir universiteitstudie voorberei is, 
die verlies van top-wetenskaplikes en nagraadse studente na die buiteland, is gedeeltelik vir hierdie daling in navorsingsuitsette 
verantwoordelik. Die aantal publikasies deur Suid-Afrikaanse outeurs in internasionale wetenskaplike tydskrifte in vergelyking met die 
wrelduitset is aan die daal. Tesame met die afname in wetenskaplike uitsette word Afrikaanstalige akademici toenemend verplig om in Engels 
te publiseer. Nagraadse onderrig geskied toenemend net in Engels. Afrikaans as wetenskaptaal word hierdeur bedreig.
*  Die absolute en relatiewe afname van Afrikaanstalige studente aan die histories Afrikaanstalige universiteite plaas toenemend druk op 
die taalbeleid van di universiteite. Die ervaring is dat Engelstalige studente, selfs as minderhede, baie sterker standpunte inneem en 
eise stel oor die onderrigtaal as Afrikaanstaliges.
*  Die dramatiese veranderinge in die studentesamestelling van veral histories wit Afrikaanstalige universiteite en die gepaardgaande 
sosialiseringsprosesse het tot dusver relatief goed verloop. Waarskynlik is dit te danke aan die eeue oue tradisies van universiteite as 
di plekke waar beskaafde waardes gekweek word - respek vir ander mense se taal, kultuur en standpunte. Die karakter, tradisies en etos van 
'n aantal universiteite word op baie terreine diepgaande benvloed. Derhalwe is die veranderinge nie sonder spanning en identiteitskrisisse 
nie.
*  'n Universiteit vervul 'n besondere simboliese rol vir 'n gemeenskap of volk wat dit tot stand gebring het en dit ondersteun. 'n 
Universiteit se bydrae op terreine soos die bewaring van kultuurbesit, die ontwikkeling van selfbewussyn en die kweek van 'n leierskorps is 
van kardinale belang, maar dit word selde bewustelik verreken. Voorafgaande word duidelik gellustreer deur die posisies wat sommige van 
die histories swart universiteite binne 'n periode van slegs ongeveer vier dekades verwerf het. Hulle voortbestaan sal nie sonder ernstige 
politieke gevolge aangetas word nie.

Die demografiese tendensies waarna hierbo verwys is, het verreikende implikasies vir die sosiale dinamika van ons land. Ook is 
globalisering besig om die voortbestaan en kulturele identiteit van nasiestate ingrypend te benvloed. Prof. Flip Smit is 'n voormalige 
rektor van die Universiteit van Pretoria.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7315.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

